Die polisie in Vereeniging se werk word aansienlik bemoeilik deurdat 24 van die 36 geïnstalleerde geslotekring-televisiekameras in die Vereenigingse sakekern buite werking is omdat geen instandhoudingswerk daaraan gedoen word nie. Net 14 van die 36 kameras is in ‘n werkende toestand.
Die kameras, wat deur die Sedibeng-distriksmunisipaliteit geïnstalleer is, word deur agt lede van die polisie beman wat inligting en voorvalle intyds aan polisielede op straat moet deurgee. Weens die talle kameras wat buite werking is, word die polisie gekniehalter in die uitvoering van hul plig en word die publiek blootgestel aan verhoogde kriminele aktiwiteite.
As gevolg van hierdie nie-operasionele kamerastelsel word belastingbetalers se geld vermors as vrugtelose uitgawes aan salarisse van beamptes wat nie hul pligte na behore kan uitvoer nie.
Die VF Plus sal die saak verder voer om terug te slaan teen onbevoegdheid en om te sorg dat die publiek die diens kry waarvoor hulle betaal.
Kontaknommer: 071 640 7283