fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Gelykheid word nie deur kunsmatige kwotas bevorder nie – begin by alledaagse uitdagings wat vroue in gesig staar

Solank as wat die regerende party kunsmatige kwotas op Suid-Afrikaners afdwing en nie fokus op alledaagse uitdagings, soos toegang tot en kwytskelding van BTW op sanitêre ware, wat vroue daagliks in die gesig staar nie, sal geslagsgelykheid nooit behoorlik bevorder kan word nie, het Wouter Wessels, VF Plus-LPW gedurende ‘n Vrouemaand-debat in die Vrystaatse Wetgewer gesê.

“Verkragting, seksuele teistering en gesinsgeweld is enkele probleme wat daagliks deur duisende Suid-Afrikaanse vroue in die gesig gestaar word en solank as wat vroue in sekere kulture as besittings beskou word, sal hierdie probleme nooit hokgeslaan kan word nie,” het Wessels gesê.

Hy het ook na alledaagse uitdagings soos onder andere toegang tot sanitêre produkte, wat deur die meeste mense as vanselfsprekend aanvaar word, verwys.

“Alvorens daaglikse uitdagings, soos toegang tot gratis sanitêre produkte en die bekamping van geweld teen vroue nie behoorlik aangespreek word nie, sal ons nie ‘n gelyke samelewing wees nie.

“As die regerende party gratis kondome versprei, die gebruik waarvan opsioneel is, moet hulle sekerlik sanitêre produkte, waarvan die gebruik nie ‘n opsie is nie, ook gratis versprei. Die heffing van BTW op sulke produkte is ook uiters diskriminerend.

“Kunsmatige kwotas is blote lippediens deur die ANC-regering. Werklike geslagsgelykheid begin op grondvlak en in elke Suid-Afrikaanse huishouding.

“Alvorens die regering nie die bemagtiging van vroue ernstig opneem nie, sal ons nooit geslagsgelykheid in Suid-Afrika behaal nie.

“Die traagheid van die ANC om teen hul eie adjunkminister Mduduzi Manana op te tree vir die aanranding van ‘n vrou by ‘n Johannesburgse kuierplek is ‘n sprekende voorbeeld van hul volstruishouding jeens ware bemagtiging van vroue,” het Wessels gesê.

 

Kontakbesonderhede: 082 674 6670

 

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.