fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Geen hoësorgeenheid in Pelonomi Hospitaal is operasioneel – pasiënte ly

Die VF Plus eis dat die Vrystaatste departement van gesondheid dringend ingryp en toesien dat alle hoësorgeenhede in die Pelonomi Hospitaal in Bloemfontein tot 'n operasionele toestand herstel word.

Tans is daar nie een operasionele hoësorgeenheid in dié hospitaal nie.

Tydens ‘n onlangse gesondheids-portefeuljekomiteevergadering in die Vrystaatse wetgewer het die hoof van die Vrystaatse departement van gesondheid, dr. David Motau, onthul dat slegs die hoësorgeenheid op die derde vloer van die Pelonomi Hospitaal operasioneel is.

Die VF Plus het egter vasgestel dat dié eenheid as ‘n gewone hospitaalsaal gebruik word.

Die VF Plus het ‘n skriftelike vraag aan die Vrystaatse LUR van gesondheid, Montseng Tsiu, hieroor gerig.

Die party veroordeel die swak gehalte van gesondheidsorg aan pasiënte wat nie private gesondheidsorg kan bekostig nie.

Die haglike toestand van staatshospitale, soos Pelonomi, is verdere ‘n aanduiding dat die beplande Nasionale Gesondheidsversekering net nog ‘n mislukte ANC-projek sal wees.

Kontaknommer: 084 206 3375

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.