Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Gautengse VF Plus-Jeug gaan met Sedibeng-distriksburgemeester praat oor bewaring van Afrikaner-erfenis

Die VF Plus-Jeug in Gauteng is bekommerd oor die behoud van die historiese erfenismonumente in die Sedibeng-distrikmunisipaliteit (Emfuleni, Midvaal en Lesedi) wat vir die Afrikaner belangrik is en het daarom die burgemeester, Busisiwe Modisakeng, genader om saam ‘n oplossing te vind om dié besienswaardighede te beskerm.

‘n Groot aantal van die besienswaardighede dateer rondom die draai van die vorige eeu (1900) en die Anglo-Boereoorlog en is verwaarloos en gevandaliseer. Baie word selfs as advertensieborde gebruik.

Die Afrikaner se erfenis is net soos ander kulture geskaaf en gevorm deur hul geskiedenis en dit is die jeug se taak om te sorg dat dit in geheel vir die nageslag behoue bly. Die VF Plus-Jeug is besig om ‘n lys saam te stel van alle monumente en gedenkwaardighede in die provinsie.

Tydens gesprekvoering met die burgemeester sal daar gefokus word op veral die Vredestrein van Vereeniging wat die boeregeneraals, JBM Hertzog, Jan Smuts, Koos de la Rey, Louis Botha en Christiaan de Wet na die Pretoria-stasie vervoer het om die vredestraktaat op 31 Mei 1902 te onderteken om ‘n einde aan die vryheidsoorlog teen Brittanje te bring.

Die verskuiwing van ander gedenkwaardige monumente, borsbeelde en kunswerke vanuit dié era, sal ook bespreek word.

Die VF Plus-Jeug sal ook saamwerk met kenners van die Erfenisstigting, die party se hoofsweep in Sedibeng, raadslid Gerda Senekal, en die VF Plus se Gautengse leier, Jaco Mulder, om ‘n oplossing te vind vir die veilige bewaring en uitbreiding van die Afrikaner se historiese erfenis.

Navrae: 079 224 7321

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.