fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Emfuleni-munisipaliteit se bankrekening word gevries – VF Plus wil weet oor wanadministrasie

Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Vanderbijlpark, Vereeniging, Vaal Oewer, Evaton) se finansies het die afgelope maand weens wanadministrasie verder versleg wat daartoe kan lei dat die munisipaliteit nie sy skuldeisers aan die einde van die maand kan betaal nie.

Die Emfuleni-munisipaliteit se bankrekening is gevries na ‘n hofuitspraak ten gunste van ‘n Chinese maatskappy, Beijing Fuxing Xiao Cheng Electronic Tegnology Stock Co Limited JV Ole Power Systems (BFX-OLE), ‘n verskaffer van slim water- en elektrisiteitsmeters wat in 2014 ‘n openbare private vennootskap met die munisipaliteit aangegaan het.

BFX-OLE het op 2 Oktober daarin geslaag om die munisipaliteit se bankrekening as beslagleggingsbate aan te heg, maar kon slegs R45 miljoen van die uitstaande R600 miljoen verseker.

Die VF Plus wil van die waarnemende burgemeester, Khetiwe Ntombela, en die administrateur, Willy Bila, weet waarom die inligting nie aan die munisipale raad en nasionale tesourie bekend gemaak is nie.

Die weerhouding van kritieke inligting is growwe nalatigheid en kan die lewens van raadslede en administratiewe personeel nadelig beïnvloed.

Die Chinese kontrak is reeds deur die ouditeur-generaal (OG) as ‘n onreëlmatige uitgawe aangedui.

Die VF Plus sal nie huiwer om ongerymdhede deur die munisipaliteit te onthul en hom verantwoordbaar te hou vir dienslewering en die handhawing van ‘n skoon administrasie-beleid nie.

Navrae: 076 616 2124

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.