fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Emfuleni-krisis die punt van die ysberg in Sedibeng

Die sistematiese verval van munisipaliteite kan direk voor die deur van regstellende aksie, kaderontplooiing en swart ekonomiese bemagtiging (SEB) gelê word. Dit is eenvoudig onmoontlik om munisipaliteite te red wat aanstellings doen gebaseer op lojaliteit jeens ‘n politieke party en ‘n twyfelagtige ideologie.

Sedert 27 April 1994 moes getroue belastingbetalers en gemeenskappe magteloos toekyk hoe hul infrastruktuur ten gronde gaan terwyl hul belasting elders bestee of bloot verduister en wanaangewend word. Dit opsigself is konkrete bewys dat die sosialistiese beleide van die ANC en die DA in Sedibeng-distriksmunisipaliteit ‘n klaaglike mislukking is en nooit sal werk nie.

Die tendens van geen onderhoud op infrastruktuur word radikaal vererger deur aanstellings gebaseer op ras en geensins op meriete, ervaring en kwalifikasies nie. Al drie die munisipaliteite binne Sedibeng (Emfuleni, Midvaal en Lesedi) pas SEB en regstellende aksie aggressief toe deur kundiges te vervang op grond van hul ras en politieke lojaliteit.

Korrupsie en onreëlmatige tenderprosesse in munisipaliteite vererger swak dienslewering en daar bestaan ‘n gevestigde kultuur dat werk en projekte aanvanklik van swak gehalte is en oorgedoen moet word met enorme koste implikasies. Dit is ‘n bewese feit dat projekte soos die “Regional Sewer Plant” deur munisipaliteite aangepak en vir jare ten duurste beplan word sonder enige daadwerklike of tasbare uitkomste.

Die VF Plus in Sedibeng is van mening dat niks sal verander solank die klaaglike beleid van regstellende aksie en SEB nie afgeskaf word nie. Niemand vind baat by ‘n stelsel waar kundigheid op die kantlyn geplaas word nie.

Kontaknommer: 071 640 7283

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.