fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

EFF is ‘n euwel vir demokrasie

Die begrotingsvergadering van die Mangaung-metroraad was weereens ‘n sirkus, het dr. Elizabeth Snyman-van Deventer, VF Plus-Raadslid in die Mangaung-metromunisipaliteit, na afloop van die vergadering vandag gesê.

Ten spyte van die feit dat die VF Plus, DA en die EFF teen die aanname van die agenda gestem het, het die speaker voortgegaan met die vergadering. Die burgemeester is gevolglik deur die EFF-raadslede doodgeskree en totale wanorde het geheers.

“Die vergadering kon eers voortgaan nadat die speaker met die swepe van die onderskeie partye vergader het om orde in hul onderskeie partye te bepleit. Sulke gedrag word in byna elke vergadering van die raad geopenbaar.

Die gebrek aan dissipline en respek vir die werksaamhede van die raad word ten sterkste deur die VF Plus veroordeel. Die EFF se gedrag maak die demokratiese verteenwoordiging waarmee elke raadslid getaak is onmoontlik en onuitvoerbaar. Dit is ‘n baie gevaarlike spel wat gespeel word en moet nie in die raadsale van ‘n demokratiese land geduld word nie,” het Snyman-van Deventer gesê.

 

Kontakbesonderhede: 082 305 1540

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.