Die Merafong-munisipaliteit (Carletonville) sal ernstig moet besin rondom die langdurige waterprobleme van Welverdiend en Khutsong, sê Ben van der Berg, VF Plus-raadslid vir Merafong.
Van der Berg sê hy word daagliks deur inwoners van Khutsong en Welverdiend geskakel om mense te help met ernstige water probleme.
“Inwoners van Welverdiend en Khutsong worstel al meer as ‘n jaar met lae waterdruk en onstabiele reservoirs. Nou word beurtwater boonop toegepas.
“’n Sinkgat wat verlede jaar naby die reservoirs ontstaan het, het die grond onstabiel gelaat. Die stadsraad het besluit om ‘n kleiner reservoir naby Welverdiend te gebruik totdat die groter watertenks herstel is.
“Inwoners is raadop. Die hoogliggende gedeeltes word altyd eerste getref en is die laaste om water te ontvang. Dit kan nie so voortgaan nie. Die stadsraad probeer wel om probleme op te los, maar dit was tot dusver onsuksesvol,” sê Van der Berg.
Kontaknommer: 082 671 2302