fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Begrotingsposdebat in Gautengse wetgewer: Paaie en Vervoer – Gautengse ANC moet dispuut met nasionale regering verklaar oor e-tol as hulle erns het oor afskaffing

Die provinsiale ANC-regering in Gauteng het onderneem om, alhoewel die e-tolstelsel onder die jurisdiksie van die nasionale regering ressorteer, swaarde te kruis met die nasionale ANC-regering ten einde e-tol te skrap.

Die VF Plus is van mening dat blote konsultasie met pres. Cyril Ramaphosa hieroor, nie genoeg is nie aangesien die minister van finansies, mnr. Tito Mboweni, reeds aangedui het dat e-tol nie afgeskaf sal word nie.

Indien die provinsiale ANC-regering dus ernstig is oor die afskaffing van e-tol, moet hy ‘n formele dispuut met die nasionale regering verklaar en as dit onsuksesvol is, moet die hof genader word.

Die provinsiale ANC-regering se teenkanting teen die e-tolstelsel sal nie ernstig opgeneem word indien hy nie bereid is om hierdie stappe te neem nie

Die begroting van die Gautengse departement vir paaie en vervoer, is ook uiters noodsaaklik vir die ekonomiese groei van die provinsie.

Gegewe die styging in die werkloosheidskoers sal enige onderprestering van hierdie departement bydrae tot die verswakkende ekonomie van Gauteng en Suid-Afrika.

Dit is daarom onrusbarend dat die departement sy begroting oor die algemeen onderbestee, veral ten koste van infrastruktuurprojekte en die gesubsidieerde busdiens. Hierdie faktore moet aangespreek word in die volgende finansiële jaar.

Kontaknommer: 082 391 3117

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.