fbpx
Freedom Front Plus
Freedom Front Plus

ANC-regering se onteienings- en beleggingswetsontwerpe bekommer Franse regering

Die Franse ambassadeur in Suid-Afrika, mev. Elisabeth Barbier, het in ‘n gesprek met die VF Plus haar kommer uitgespreek oor die ‘rigting’ wat die ANC-regering inslaan en sê hulle voel nie ‘gemaklik’ oor Franse beleggings in Suid-Afrika nie, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor ekonomie.

Volgens adv. Alberts het hy en Barbier oor die ANC-regering se reeks wetsontwerpe oor onteiening en belegging gesels en sy het laat blyk dat dit die Franse regering bekommer en dat hulle die situasie dophou om te sien hoe dit ontwikkel.

Op ‘n vraag van adv. Alberts watter boodskap hy aan die parlementere portefeuljekomitee oor handel en nywerheid kan oordra vanaf die ambassadeur, het sy geantwoord dat die Franse regering bekommerd is oor die toekoms van Franse beleggings in Suid-Afrika.

Luidens ‘n artikel wat vandag in die Business Day verskyn het onder die opskrif ‘Barrage of new laws alarms US firms in SA’, word geskryf dat die Amerikaners oor dieselfde aspekte bekommerd is.

Die hoof van Amerika se Kamer van Koophandel in Suid-Afrika, me. Carol O’Brian, sê luidens die artikel hulle is bekommerd oor dieselfde wette, asook die voorgestelde wet rakende eiendom wat buitelanders in Suid-Afrika mag besit.

Die Kamer verteenwoordig sowat 250 van die sowat 600 Amerikaanse maatskappye in Suid-Afrika, insluitend General Electric en Google. Adv. Alberts spreek aanstaande Woensdag die Amerikaanse ambassadeur oor die kwessie.

Adv. Alberts sê die ANC kry dit op hierdie manier weereens reg om ‘n eie doel te skop met sy ekonomiese beleid en hy gaan in die toekoms verantwoordelik wees om de facto-sanksies teen Suid-Afrika ingestel te kry weens disinvestering wat gaan plaasvind, veral as die onteienings- en beleggingswetsontwerpe wat tans in proses is, wette word.

“Dit sal seker die eerste keer sedert 1994 wees dat ‘n regering dit regkry om de facto sanksies teen homself in te stel deur beleggers weg te jaag weens amptelike beleid- en wette. Ons gaan dalk terug na die jare van apartheid-isolasie weens ‘n ideologies-gedrewe regering wat eintlik beheer word deur die SAKP.

“Dit sou snaaks gewees het as dit nie so hartseer was nie. Baie onskuldige mense sal uiteindelik hul werk verloor weens disinvestering,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Matlosana Ward 17

Chandré de bruyn YOUR CANDIDATE FOR WARD 17 11 october 2023 BY-ELECTION MATLOSANA WARD 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Service delivery is deteriorating and the DA

READ MORE

Matlosana Ward 16

LEE-ANN SCOTT YOUR CANDIDATE FOR WARD 16 11 OCTOBER 2023 BY-ELECTION WARD 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Service delivery is deteriorating and the

READ MORE
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.