fbpx
Freedom Front Plus
Freedom Front Plus

Zuma en ANC hou Suid-Afrika nou gyselaar

President Jacob Zuma kan nie die ANC en die hele Suid-Afrika gyselaar hou deur daarop aan te dring dat sy regskostes betaal word en hy moontlike vrywaring teen vervolging kry nie, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Volgens dr. Groenewald doen die uitgerekte onderhandelinge oor pres. Zuma se vertrek as president van die land tans meer skade aan die ekonomie as die verwydering van Zuma self.

“Dit skep onsekerheid en beleggers begin hulself die vraag afvra of Ramaphosa werklik beheer het oor die ANC en veral oor die Zuma-faksie.

“Die ANC sal nou beslissend moet optree en indien Zuma nie wil bedank nie, moet die ANC self dadelik ‘n mosie van wantroue teen hom indien by die nasionale vergadering en moet die party die EFF oorreed om sy mosie te onttrek aangesien ‘n mosie van wantroue in Zuma na my mening net sal slaag indien die ANC dit indien.

“Die ANC is nie by magte om namens belastingbetalers toekomstige regskoste aan Zuma goed te keur nie en nog minder om vrywaring teen vervolging te verleen aangesien dit die taak is van die nasionale vervolgingsgesag.

“Sou die ANC sulke ondernemings gee, sal dit die Grondwet en demokrasie van Suid-Afrika ondermyn,” sê dr. Groenewald.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Matlosana Ward 17

Chandré de bruyn YOUR CANDIDATE FOR WARD 17 11 october 2023 BY-ELECTION MATLOSANA WARD 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Service delivery is deteriorating and the DA

READ MORE

Matlosana Ward 16

LEE-ANN SCOTT YOUR CANDIDATE FOR WARD 16 11 OCTOBER 2023 BY-ELECTION WARD 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Service delivery is deteriorating and the

READ MORE
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.