Daar is nog geen teken van ‘n skemering oor regstellende aksie (RA) nie, nieteenstaande die feit dat demografiese teikens in die staatsdiens lank reeds bereik is en veral wittes toenemend uit die staat se werkmark gedruk word en lank reeds onderverteenwoordigend is.
Uit antwoorde op ‘n geskrewe vraag van die VF Plus aan die minister van staatsdiens en administrasie, Ayanda Dlodlo, blyk dit dat alle bevolkingsgroepe buiten wittes se situasie in die openbare arbeidsmark verbeter het oor die laaste jare. (Vraag en antwoord hierby aangeheg).
Swartes, wat volgens die laaste sensus 79,2% van die bevolking uitgemaak het, se verteenwoordiging in die staatsdiens is tans met 2,2% oorverteenwoordig op 81,4%.
Wittes met 7,5% in die staatsdiens is tans 1,4% onderverteenwoordig (was 8,9% van die bevolking in die laaste sensus). Skaars vier jaar gelede was wittes se verteenwoordiging in die staatsdiens 8,8%. Dit is ‘n daling van 1,3% en wys hoe vinnig dié groep uit die staat se arbeidsmark gedruk word.
Bruines is met 0,3% onderverteenwoordig alhoewel hul situasie effe verbeter het oor die laaste vier jaar, en Indiërs met 2,5% is presies reg.
"Die verdrukking van wit en bruin op hierdie wyse is onaanvaarbaar. Dit is duidelik dat die doelwitte van regstelling in die openbare sektor lank reeds bereik is en dat omgekeerde rassisme nou plaasvind," sê adv Anton Alberts, VF Plus-voorsitter en parlementêre woordvoerder vir arbeid
"Aangesien Suid-Afrika se Grondwet bepaal dat daar gelyke verteenwoordiging moet wees, rus daar nou ‘n regsplig op die staat om weg te doen met Regstellende Aksie (RA) en dat die benadeling van wit en bruin reggestel moet word.
"Artikel 195(1)(i) van Suid-Afrika se Grondwet stel dit duidelik dat die staatsdiens breedweg die Suid-Afrikaanse bevolkingsamestelling moet verteenwoordig. Hierdie doelwit is reeds oorskry.
"Wat die regering doen staan in kontras met artikel 1(4) van die Internasionale Verdrag oor die Uitwissing van Alle Vorme van Rassediskriminasie (International Convention on the Elimination of All Forms of Racial Discrimination (VUVR/CERD)) wat bepaal dat sodra ‘n regstellende doelwit bereik is, die toepassing daarvan beëindig moet word.
"Die situasie kan nie so voortduur nie.
"Die VF Plus gaan ‘n skrywe hieroor aan die VUVR-komitee rig en om ‘n regsmening vra. Indien die VUVR-komitee die VF Plus se siening deel, sal die party vra vir formele optrede teen die ANC-regering om die diskriminasie te staak," sê Alberts.
MINISTRY: PUBLIC SERVICE AND ADMINISTRATION
REPUBLIC OF SOUTH AFRICA
NATIONAL ASSEMBLY
QUESTION FOR WRITTEN REPLY
QUESTION NO.: 1501
Adv A de W Alberts (FF Plus) to ask the Minister of Public Service and Administration:
(1) What (a) number and (b) percentage of (i) black, (ii) white, (iii) coloured and (iv) Indian persons are employed in the Public Service;
(2) has she found that the provisions of affirmative action policies, the Employment Equity Act, Act 55 of 1998, and the Constitution of the Republic of South Africa, 1996, have been met; if not, what is the position in this regard? NW1641E
REPLY:
(1) As at 30 April 2018, the Public Service consist of 1 139 715 public servants. The Public Service largely mirrors the demographics of the country and consists of an African population of 81.4% (927 446), coloured population of 8.6% (98 333), White population of 7.5% (85 422) and the Asian population of 2.5% (28 514)
(2) Employment equity targets have successfully been met in terms of race. Number of employees in the Public Service has been fluctuating for the past five years which affects Affirmative Action Policy aggregate in terms of the targets. Employment of persons with disabilities in the public service has been consistently increasing, although not satisfactorily. The 2% equity target in terms of disability has not been reached and is currently standing at 0.95%.