fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Watergehalte in Mafube voldoen moontlik nie aan standaarde vir water nie

Die het onder die VF Plus se aandag gekom dat die vlakke van chloor en E.coli in die Mafube-plaaslike munisipaliteit (Cornelia, Frankfort, Tweeling, Villiers) se water dit onveilig maak vir menslike gebruik.

Die VF Plus het die munisipale bestuurder van Mafube, J.J. Matlole, amptelik versoek om watermonsters regoor die munisipaliteit te neem en dit te laat toets by ‘n onafhanklike laboratorium.

Die versoek is ook onder die aandag gebring van die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, mnr. Oupa Khoabane.

"Suiwerings-chemikalieë staan in die son, wat dit onbruikbaar maak"

 

"Die VF Plus is veral besorg oor moontlike lae vlakke van chloor en gevaarlik-hoë vlakke van bakterie-tellings in die water, waarvan uitermatige hoë tellings van laasgenoemde die afgelope week aangeteken is," sê Jan Oost, VF Plus-raadslid in Mafube.

Die VF Plus eis ook dat aandag geskenk word aan die toestand van die wateraanleg in Frankfort, wat dringend aandag benodig.

"Sommige deure by die aanleg kan nie toemaak nie, elektrisiteit-skakelaars word nie bedek nie en suiwerings-chemikalieë staan in die son, wat dit onbruikbaar maak.

"Dit is duidelik dat die wateraanleg nie op standaard is nie en onbekwame amptenare vererger die situasie. Dit munisipaliteit, wat tans onder administrasie van die Vrystaatse regering is, kan nie voortgaan om mens en dier se lewe in gevaar te stel weens swak munisipale bestuur nie.

"In 2019 het inwoners van Mafube die geleentheid om saam met die VF Plus terug te slaan teen swak munisipale bestuur. Die tyd het aangebreek dat kiesers die ANC by die stembus straf en die VF Plus steun wat hom beywer vir beter dienste vir al die munisipaliteit se inwoners," sê Oost.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.