fbpx
Freedom Front Plus
Freedom Front Plus

Vuurwapens vir selfverdediging: Minister wil dit strenger en moeiliker maak

Dit is duidelik dat die minister van Polisie, Bheki Cele, dit moeiliker wil maak om handwapens vir selfverdediging te besit. Dit blyk uit die reaksie van die minister op ‘n amptelike parlementêre vraag van dr. Pieter Groenewald, leier van die Vryheidsfront Plus.

Op ‘n vraag van Groenewald of die minister van voorneme is om die kategorie om ‘n vuurwapen vir selfverdediging te besit te laat verwyder, het die minister geantwoord deur te sê dat die proses om die Vuurwapenwet te wysig in ‘n gevorderde stadium is en dat hierdie kategorie strenger gemaak gaan word.

Die rede wat die minister hiervoor aanvoer is dat hy die toename in onwettige wapenbesit wil verminder.

Groenewald sê die rede wat die minister verskaf om wapens vir selfverdediging strenger te wil maak, naamlik om die toename van onwettige wapens te verminder, getuig van onkunde deur die minister.

"Onwettige wapens neem toe as gevolg van onwettige wapenhandel, diefstal by polisiestasies en ander staatsinstellings.

"Die ontwapening van die burgery sal misdadigers bevoordeel en misdaad bevorder wat ingrypend sal toeneem"

 

"Die minister moet die syfer verskaf oor hoeveel vuurwapens by staatsinstellings, en hoeveel in private besit, gesteel en geroof is. Hy moet dan ook sê hoeveel onwettige wapens daar is deur wapensmokkelary. 

"Die jongste misdaadsyfers is ‘n bewys dat die polisie misdaad, en veral geweldsmisdaad, nie onder beheer het nie en dus faal in sy grondwetlike plig om die mense en hulle besittings in Suid-Afrika te beskerm.

"Die minister moet dadelik sy voorgenome wysigings bekend stel"

 

"Indien die staat jou nie kan beskerm nie, het jy die volste reg om jou en jou gesin met al die moontlike middels te beskerm, insluitend die besit van ‘n vuurwapen ter selfverdediging. Dit is ook ‘n gemeenregtelike reg wat elkeen het.

"Die antwoord van die minister skep ook die indruk dat die uitgelekte Konsep-wysigingswet op die Beheer van Vuurwapens, waarin voorgestel word dat lisensies vir vuurwapens nie meer vir selfverdediging uitgereik moet word nie, dalk wel die bedoeling was, maar dat dit na die negatiewe openbare reaksie net strenger gemaak gaan word.

"Die regering moet ophou om homself te mislei deur die indruk te wil skep dat vuurwapens die oorsaak is van die hoë moordsyfer in Suid-Afrika. Dit word misbruik en word as rookskerm gebruik om sy eie onbevoegdheid te verbloem. Die ontwapening van die burgery sal misdadigers bevoordeel en misdaad bevorder wat ingrypend sal toeneem.

"Die Vryheidsfront Plus sal alles in sy vermoë doen om die reg van selfverdediging deur die gebruik van vuurwapens te verdedig en te verseker. Die minister moet dadelik sy voorgenome wysigings bekend stel sodat die publiek kan weet wat dit behels en daarop te reageer," sê Groenewald.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Matlosana Ward 17

Chandré de bruyn YOUR CANDIDATE FOR WARD 17 11 october 2023 BY-ELECTION MATLOSANA WARD 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Service delivery is deteriorating and the DA

READ MORE

Matlosana Ward 16

LEE-ANN SCOTT YOUR CANDIDATE FOR WARD 16 11 OCTOBER 2023 BY-ELECTION WARD 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Service delivery is deteriorating and the

READ MORE

Lekwa Ward 4

Hillel Coetzer YOUR CANDIDATE FOR WARD 4 25 October 2023 BY-ELECTION WARD 4 Meyerville | TLC | Industrial On voting day, you can keep your

READ MORE
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.