fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Vrystaatse openingsrede: ANC-verkiesingsaamtrek geborg deur belastingbetalers

“Die premier van die Vrystaat, me. Sisi Ntombela, het in haar provinsiale openingsrede aangevoer dat lewensomstandighede van Vrystaters verbeter het sedert die ANC in 1994 ‘n ‘sosiale kontrak’ met Suid-Afrikaners gesluit het en ‘die hemele het daarna oopgemaak om blydskap op Suid-Afrikaners te laat reën,” sê Tammy Wessels, VF Plus LPW in die Vrystaat.

“Dit is verregaande onsin. Die ANC het elke belofte van ‘n beter lewe vir Suid-Afrikaners verbreek. Die ANC in die Vrystaat het onder die premierskap van Ace Magashule en nou ook Sisi Ntombela die Vrystaat in die grond in regeer.

“’n Kwarteeu van ANC-leierskap het slegs agteruitgang meegebring. Lewensomstandighede van Vrystaters het nie verbeter nie en sal ook nie onder hierdie oneerlike en ondoeltreffende regering kan verbeter nie,” sê Wessels in ‘n verklaring na Ntomnbela se provinsiale rede in Bloemfontein gesê.

Die premier het met groot fanfare aangekondig dat verskeie skole in die Vrystaat gebou gaan word, maar die bestaande skole is bouvalle met onderwysers wat nie die nodige hulpbronne en ondersteuning ontvang om doeltreffende onderrig te bied nie.

“Leerlinge by bestaande skole moet nog van puttoilette gebruik maak, terwyl die premier mooi broodjies bak oor nuwe skole. Die ANC kan nie prioritiseer nie. Beloftes van nuwe skole word bloot gemaak vir goedkoop politieke punte en sal nie realiseer nie.

“Weereens is beloftes gemaak van ‘n rehabilitasiesentrum in Botshabelo en die opgradering van die Phuthaditjaba-industriële park. Dit het nie in vorige finansiële jare gerealiseer nie en sal ook nie nou nie.

“Soortgelyk daaraan is die Maluti a Phofung-spesiale ekonomiese sone waar’n heining en hek ter waarde van R6 miljoen gebou is en verder niks. Soos president Cyril Ramaphosa gedurende sy staatsrede, het die premier ook die maan en sterre belowe, maar geen werkbare oplossings vir die huidige probleme van die Vrystaat gebied nie.

“Die premier het verskeie beloftes gemaak van nuwe hospitale wat binnekort geopen sal word vir die opheffing van gesondheidsorg in die Vrystaat, terwyl hospitale soos die Albert Nzula-hospitaal in Trompsburg, wat die Vrystaatse regering miljoene uit die sak gejaag het, steeds onbenut staan. Die ANC kan nie hulpbronne en bates behoorlik bestuur nie.

“Die Vrystaatse provinsiale openingsrede was ‘n blote ANC-verkiesingsveldtog waartydens leë beloftes gemaak is om desperate mense wat gebuk gaan onder die blatante wanbestuur en korrupsie van die regerende party, te oortuig om net nog een keer vir die ANC te stem met die hoop op ‘n beter toekoms.

“Kiesers moet in Mei by die stembus terugslaan en die ANC straf vir sy blatante leuens, mislukkings en selfdienende neigings.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.