Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

VF Plus vra dat Midvaal-waardasierol hersien word.

Die VF Plus doen ‘n dringende beroep op die Midvaal-stadsraad om grondwaardasies te hersien aangesien sekere onderontwikkelde gebiede oor geëvalueer is.

Die waardasierol het onlangs tydens ‘n geïntegreerde ontwikkelingsplan-vergadering (GOP) by Laerskool Voorwaarts in ‘n vurige debat ontaard en raadslede moes behoorlik bond staan om vrae te beantwoord.

Kobus Hoffman, VF Plus-onderleier in Gauteng sê die gemeenskap is uiters ontsteld oor die reuse sprong in die waardasies van hul eiendomme omdat dienslewering agterweë gelaat is. 

Die DA-raadslid, Peter Texeira, en ander het gedurende die vergadering onderneem om met gemeenskapsleiers te vergader en probleme aan te spreek. Dit het nie gebeur nie.

"Dit blyk ook dat die nuwe Midvaal-klagtesentrum as ‘n buffer tussen die gemeenskap en die raadslede dien, eerder as om probleme en klagtes aan hanteer," sê Hoffman.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.