Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

VF Plus verwelkom Gauteng-regering se ingryping by Emfuleni

Die VF Plus het die premier van Gauteng, mnr David Makhura, se aankondiging verwelkom dat die provinsiale regering by Emfuleni-munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) gaan ingryp deur Artikel 139 van die Grondwet toe te pas.

Artikel 139 stel dit duidelik dat, indien ‘n munisipaliteit nie meer in staat is om sy finansiële verpligtinge na te kom nie, die provinsiale regering moet intree om te sorg dat hierdie verpligtinge nagekom word.

Die VF Plus het reeds op 12 April 2018 versoek dat die premier by die Emfuleni-krisis moet ingryp nadat dit toe reeds duidelik was dat Emfuleni diep in die moeilikheid is en dat sake besig was om handuit te ruk.

"Op daardie stadium kon Emfuleni nie sy agterstallige rekening van R419 miljoen by Randwater betaal nie en Eskom het ook begin grom oor agterstallige bedrae van ongeveer R170 miljoen," sê Philip van Staden, VF Plus-LPW in die Gautengse wetgewer.

"Die VF Plus spreek die hoop uit dat die provinsiale regering Artikel 139 korrek op Emfuleni sal toepas en dat ‘n werkbare herstelplan van stapel gestuur sal word. Die VF Plus het reeds die afgelope Vrydag die ANC in die plaaslike regeringskomitee gewaarsku om nie politieke speletjies met Emfuleni te speel nie.

"Die party se standpunt was nog altyd dat Emfuleni se finansiële probleme slegs behoorlik aangespreek kan word met die ingryping van die Gauteng-regering deur die korrekte toepassing van Artikel 139.

"Die VF Plus is verheug dat Emfuleni se burgemeester, Jacob Khawe, tog die eerbare ding gedoen het deur die provinsiale regering se ingryping te vra," sê Van Staden.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.