fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

VF Plus verwelkom besluit om Mdluli af te dank

Die VF Plus verwelkom die besluit van die minister van polisie, Fikile Mbalula, om Suid-Afrika se geskorste hoof van misdaadintelligensie, Richard Mdluli, se dienste te beëindig en sodoende die geleentheid skep vir ‘n nuwe, permanente aanstelling in dié pos, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Dr. Groenewald sê een van die grootste redes waarom misdaad in die land floreer is omdat daar nie behoorlike misdaadintelligensie is om veral sindikate te ontbloot en sodoende omvangryke misdaad te bestry nie.

“Ek dring daarop aan dat ‘n bevoegde, ervare persoon nou aangestel word om die leiding daar te neem aangesien daar baie werk is wat gedoen moet word.

“Dit is ook belangrik dat dié persoon sal optree om misdaad te bestry in belang van die land en sy inwoners, en nie beskikbaar sal wees om politiek misbruik te word soos in vorige gevalle nie,” sê dr. Groenewald.

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.