Die VF Plus veroordeel die grusame aanval op Mike Bonnette, ‘n plaasboer van Chrissiesfontein in die Midvaal-distrik.
Bonnet is ‘n boer wat onder andere op eie koste ‘n skool vir plaaslike minder bevoorregte kinders laat bou het en heelwat opheffingswerk onder die gemeenskap gedoen het.
"Dit is uiters betreurenswaardig dat juis so ‘n gemeenskapsaktivis en bydraer van liefdadigheid die teiken van sulke lafhartige dade geword het. Dit is ‘n duidelike teken dat niks en niemand meer ontsien word nie," sê Kobus Hoffman, VF Plus-onderleier in Gauteng.
"Dit is net ‘n wonderwerk dat Bonnette die aanval oorleef het.
"Die VF Plus wens hom ‘n spoedige herstel toe.
"Hierdie lafhartige daad word direk toegeskryf aan die openbare aanhitsing tot geweld, haatspraak en rassehaat deur veral politici.
"Die VF Plus sal onverpoosd voortgaan om plaasaanvalle te internasionaliseer en onder die wêreld se aandag te bring – totdat daar daadwerklik deur die internasionale gemeenskap teen die ANC en Suid-Afrika hieroor opgetree word," sê Hoffmann