Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

VF Plus verkla Moqhaka by MRK

Die VF Plus het ‘n klag teen die Moqhaka plaaslike munisipaliteit by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) ingedien oor die munisipaliteit se versuim om rioollekke behoorlik en binne ‘n redelike tyd te herstel.

Die klag handel oor riool in die algemeen en ‘n spesifieke lek op die hoek van Vermaak- en Cookstraat in Kroonstad.

"Die rioollek in Vermaakstraat, wat reeds jare lank ‘n probleem is, is al verskeie kere by die munisipaliteit aangemeld.  Die direkteur van tegniese dienste, Deliwe Ngwenya, maak net eenvoudig nie erns met die omvang van die probleem nie," sê Jean Hattingh, VF Plus-raadslid in die Moqhaka plaaslike munisipaliteit.

Hattingh sê inwoners kan nie die stank meer uitstaan nie. 

Daar is bejaarde en sieklike persone wat ook in die omgewing woon en wie se gesondheid negatief deur die besoedelde atmosfeer geraak word.

"Die munisipaliteit, deur middel van sy argelose houding jeens die basiese regte van Kroonstad se inwoners, maak inbraak om ons reg tot ‘n omgewing wat nie skadelik is vir inwoners se gesondheid en welstand nie.  Die VF Plus het die MRK versoek om dringend ondersoek in te stel en in te gryp.

"Ons het ook reeds klagtes ingedien oor onderskeidelik rou riool wat onverstoord in die Valsrivier by Brentpark instroom, asook die onmenslike rioolbesoedeling by Viljoenskroon.

"Die VF Plus slaan terug teen swak dienslewering in Moqhaka, "sê Hattingh.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.