fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

VF Plus sal stappe neem oor verval van Gautengse dieretuine

Die VF Plus is toenemend bekommerd oor die verval en agteruitgang van dieretuine in Gauteng.

"Die party sal die aangeleentheid in die Gautengse wetgewer ter tafel lê en sodoende verseker dat daar spoedig antwoorde en oplossings gevind word vir die probleme wat die dieretuine ervaar," sê Kobus Hoffman, VF Plus-LPW in die Gautengse Wetgewer. 

"Ná ‘n besoek van die VF Plus aan die Pretoria-dieretuin is die party bekommerd oor die welstand en versorging van die diere. Met die voortslepende staking by die dieretuin, het vrywilligers en weldoeners  ingespring om met die versorging en die voer van diere te help.

"Dit is ook duidelik dat die onderhoud en instandhouding van beide die Johannesburg- en Pretoria-dieretuine so agteruitgaan het dat dit nie net ‘n gevaar vir diere inhou nie, maar ook vir besoekers," sê Hoffman.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.