fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

VF Plus ontvang tweede feitesending van Europese Parlement

‘n Afvaardiging van die Europese parlement op ‘n feitesending na Suid-Afrika het die VF Plus vandeesweek in Kaapstad besoek om met die leierskap van die party te praat oor brandpunte in Suid-Afrika, en in die besonder oor plaasaanvalle en onteiening sonder vergoeding.

Die afvaardiging is gelei deur Nicolas Bay van die groep Europe of Nations and Freedom (ENF) waarvan hy ook die mede-president is. Hy is van die Franse party Rassemblement National (RN) van Marine Le Pen. Hy is vergesel van Philip Claeys van Vlaams Belang in Vlaandere, België. 

Die gesprek vorm deel van die VF Plus se "Slaan terug SA"- veldtog as daadwerklike poging om die internasionale gemeenskap in te lig ten opsigte van die huidige bedreiging van eiendomsreg in Suid-Afrika en ander menseregtevergrype.

Dié gesprek het gevolg op die besoek van 'n afvaardiging van die Duitse AfD (Alternative for Germany)-party aan die VF Plus se parlementêre koukus waar dieselfde kwessies onder die loep geneem is.

Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, het België vanjaar ook besoek as deel van hierdie internasionaliseringsveldtog. Hy het onder meer aan 'n stille-protesoptog van Vlaams Belang-Jeugaksie teen plaasmoorde in Gent deelgeneem en toegespreek, met Europese parlementslede vergader en die presidensie van UNPO (Unrepresented Nations & Peoples Organization) toegespreek.

Die VF Plus parlementêre hoofsweep, Dr. Corné Mulder het die Europese Unie ook vanjaar besoek op uitnodiging van ‘n Britse lid van die Europese Parlement, me. Janice Atkinson, waar hy die geleentheid gekry het om Europese parlementslede eerstehands in te lig oor plaasaanvalle en onteiening sonder vergoeding.

"Indien die Grondwet van Suid-Afrika wel gewysig word om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, sal dit 'n oortreding van onder meer die Verenigde Nasies se Handves en Internasionale Deklarasie op Menseregte wees, "het Groenewald, na die vergadering gesê.

"Dit is daarom belangrik vir die VF Plus om die program van internasionalisering voortdurend te dryf en met die internasionale gemeenskap te skakel sodat die buiteland betyds van die verwikkelinge in Suid-Afrika kan kennis neem," het Groenewald gesê.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.