Die VF Plus is bekommerd oor die Ekurhuleni-metro-munisipaliteit se finansiële jaarverslag wat verskeie onreëlmatige en verkwiste uitgawes aandui.
Die Ekurhuleni-metro se jaarverslag saam met die Ouditeur-Generaal se verslag vir die 2017/2018-finansiële jaar, het op 31 Januarie 2019 in die raadsvergadering gedien.
Die Ekurhuleni-metro handhaaf ‘n ongekwalifiseerde oudit soos deur die Ouditeur-Generaal goedgekeur.
Die Ouditeur-Generaal het egter die Ekurhuleni-metro daarop gewys om aandag te gee aan 22 van die 82 mikpunte waarin swak presteer is.
"Vier van die 27 departement en een entiteit wat hulself tot die mikpunte verbind het, het minder as 50 persent van hul bepaalde mikpunte bereik," sê Jeniffer Rautenbach, VF Plus-raadslid in Ekurhuleni.
"Die verslag word nou na die komitee vir openbare munisipale rekeninge (MPAC) verwys om te bestudeer en terug te rapporteer met voorstelle en kommentaar.
"Die VF Plus tree as waghond op tot voordeel van die inwoners en sal voortgaan om die rol te vervul," sê Rautenbach.