fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

VF Plus gaan owerhede vra om R28-ompad te beveilig

FOTO: Philip van Staden, VF Plus-LPW in die Gautengse Wetgewer, is hier saam met Charles Brough, VF Plus-stadsraadslid in die Randwes-munisipaliteit. Hulle het die R28 besoek wat tans onder konstruksie is. Die afrit wat gebruik word om verkeer te herlei, is uiters gevaarlik.

Die VF Plus gaan die LUR vir paaie en vervoer, dr. Ismail Vadi, versoek om die R28 tussen Westonaria en Sebokeng te besoek om so te verseker dat die ompad wat motoriste nou moet gebruik, veilig gemaak word.

Philip van Staden, VF Plus-LPW in die Gautengse wetgewer, sê konstruksiewerk het verlede jaar aan die R28, vanaf die Hillshaven-afrit tot by N1 (Sebokeng-aansluiting), begin. Verkeer word gedwing om ‘n 15km-ompad verby Hillshaven te volg waar dit later by die provinsiale pad aansluit.

Hy sê sedert konstruksiewerk in Mei verlede jaar aan die pad begin het, is 205 ongelukke aangemeld. Tien mense, onder andere ‘n vragmotorbestuurder, is dood en tientalle motoriste is beseer.

“Dié ompad dra geweldig swaar verkeer en dit is veral die skerp draai naby die Hillshaven-ingang wat groot probleme veroorsaak. Verskeie motors en vragmotors verloor beheer om die draai en stort na benede. Daar is geen veiligheidsreling, beligting of padtekens nie.

 “Die LUR moet dringend sorg dat spoedwalle by die draai aangebring word, dat die laning ligte herstel word en dat verkeersowerhede die pad gereeld patrolleer om te sorg dat jaagduiwels vervolg word.

“Die VF Plus kan nie staan en toekyk hoe mense verongeluk terwyl die provinsie met voorsorg dié ongeluksyfer kan verminder nie.

“Die party sal ook ‘n verslag aan die betrokke komitee voorlê asook voorstelle indien oor hoe om die pad te beveilig totdat konstruksiewerk aan die R28 voltooi is,” sê Van Staden.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.