Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

VF Plus diep geraak deur lewensverlies by Hoƫrskool Driehoek

Die VF Plus wil hiermee sy opregte medelye uitspreek met die dood van ‘n aantal leerlinge by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark.

‘n Brug tussen twee geboue het Vrydagoggend ineengestort op ‘n groot aantal leerlinge met noodlottige gevolge terwyl aantal leerlinge ernstig beseer is.

"‘n Tragiese voorval soos dié skud ‘n gemeenskap tot in sy diepste wese," sê Jaco Mulder, VF Plus-leier in Gauteng.

"Ons bid die naasbestaandes en familie van beseerdes krag en sterkte toe in hierdie tyd van beproewing," sê Mulder.

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.