Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

VF Plus dankbaar dat klein Amy-Lee de Jager terug is by haar ouers

Die VF Plus-Jeug is dankbaar dat klein Amy-Lee de Jager veilig terug is by haar ouerhuis en versoek die polisie om hul soektog na haar ontvoerders te verskerp.

"Hierdie voorval dien opnuut as bewys hoe effektief sosiale media in ‘n noodsituasie gebruik kan word in ‘n omgewing waar mense omgee. Die hartseer en vrees wat Amy-Lee en haar ouers beleef het, kan nie in woorde beskryf word nie," sê Jean Kriek, VF Plus-provinsiale jeugleier in Gauteng.

 

"Kinderontvoering is ‘n probleem in Suid-Afrika en die polisie sal spesiale aandag aan die voorkoming daarvan moet gee. Mense  wat misdaad teen kinders pleeg moet geen simpatie van howe ontvang nie. Hulle verdien die swaarste  straf."

 

"‘n Beroep word op ouers en skole gedoen om veiligheidsmaatreëls te verskerp om so te help dat elke kind in Suid-Afrika veilig is," sê Kriek.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.