fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Vermorsing van geld met leë staatsgeboue kos belastingbetalers miljoene

"Die swak bestuur van geboue in staatsbesit kos die land se belastingbetalers jaarliks miljoene rande," sê Philip van Staden

"Die departement van openbare werke en infrastruktuur besit sowat 81 000 geboue waarvan 703 leeg staan. Net die eiendomsbelasting op hierdie ongebruikte geboue het in die 2018/19-finansiële jaar R36 miljoen beloop.

"Hierbenewens is daar ‘n groot agterstand met die instandhouding van geboue en dit sal na raming sowat R74 miljard kos om al die geboue ten volle op te knap.

 

"Om die probleem te vererger, is verskeie staatsdepartemente se maandelikse huurgeld uitstaande vir ‘n tydperk van langer as vyf jaar. Hierdie bedrag beloop sowat R600 miljoen. Tesourie maak homself hieraan skuldig met agterstallige huurgeld van R127 miljoen."

 

"Indien die departemente van justisie, korrektiewe dienste en hoër onderwys hul huur kan betaal, kan die ander departemente dit ook doen.

"Hierdie krisis moet dringend aandag geniet en opgelos word. Die VF Plus sal vra dat die betrokke portefeuljekomitee daarmee handel om toe te sien dat die uitstaande gelde ingevorder word voordat die situasie onomkeerbaar raak.

"Al hierdie probleme in die departement het ‘n uitvloeisel na buite en ons sien dit daagliks in stede en dorpe waar infrastruktuur uitmekaar val en nie in stand gehou word nie.

"Belastingbetalers is moeg vir die ANC se wanbestuur en wanadministrasie en die VF Plus sal alles in sy vermoë doen om te help om die ANC-regering se aftakelende heerskappy te beëindig," sê van Staden.

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.