fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Uitstalling in Nasionale Kunsmuseum skok

‘n Uitstalling in die Nasionale Kunsmuseum in Kaapstad wat slegs bestaan uit die kwetsende woorde ‘Fuck White People’ is onverantwoordelik en die VF Plus doen ‘n beroep op die museum om dit sonder meer te verwyder, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Volgens dr. Groenewald het lede van die publiek hom genader oor die uitstalling, en hy het ook bewus geword van groot ontevredenheid wat op die sosiale media daaroor uitgespreek word. (Foto’s aangeheg).

Dr. Groenewald sê in tye waar rasseverhoudinge in Suid-Afrika uiters sensitief is en waar mense wat hulle aan rassistiese uitsprake skuldig maak selfs swaar deur howe gestraf word, is die uitstalling kortsigtig en word dit deur baie mense as beledigend ervaar.

“Die museum het ‘n groot verantwoordelikheid om veral in die huidige klimaat in Suid-Afrika met groter omsigtigheid op te tree en om vryheid van spraak en die uitdrukking daarvan in enige vorm sterk op te weeg teen die skade wat dit mag aanrig wat menseverhoudinge in die land aanbetref.

“Uit die kunstenaar, Dean Hutton, se eie vertelling by die kunswerk, beskryf hy wittes sonder uitsondering as rassiste.

“In die museum is verskeie items wat die tydperk van apartheid polisie-geweld uitbeeld. Die uitstalling van Hutton is ook baie prominent in die hoof-ingangsaal geplaas.

“Die verantwoordelike beamptes van die museum sal moet antwoord of hulle ‘n uitstalling met ‘n omgekeerde rasse-boodskap sal plaas, of selfs ‘n uitstalling wat die brutaliteit van langer as twee dekades se plaasmoorde uitbeeld.

“Die VF Plus se mening is dat die betrokke uitstalling nie in die land se nasionale Kunsmuseum tuishoort nie. Dit gee aanstoot en veroorsaak wrywing en behoort onmiddellik verwyder te word,” sê dr. Groenewald.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

 

 

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.