fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Tweede oorwinning oor munisipaliteit se onwettige optrede

Die VF Plus het ‘n tweede oorwinning in belang van belastingbetalers oor die Ngwathe-plaaslike munisipaliteit (Parys, Heilbron, Vredefort, Edenville, Koppies) behaal toe die Hooggeregshof in Bloemfontein vandag ingevolge ‘n skikkingsooreenkoms beslis het dat die munisipaliteit onwettige besluite moet herroep om ondermeer miljoene rande se onreëlmatige uitgawes af te skryf.

Volgens die hofbevel het die munisipaliteit met 'n raadsvergadering in Oktober 2017 miljoene rande se onreëlmatige uitgawes verkeerdelik afgeskryf en het dié besluit afgewyk van sekere bepalings van die Munisipale Finansiële Bestuurswet (MFMA).

Die uitgawes is afgeskryf sonder dat daar ‘n behoorlike ondersoek na die onreëlmatigheid daarvan gedoen is, soos artikel 32 van die MFMA vereis.  Die vergadering was ook op ‘n onwettige wyse, teenstrydig met bepalende wetgewing, belê.

Die VF Plus het na die vergadering ‘n aansoek in die Vrystaatse Hooggeregshof gebring om die munisipaliteit te dwing om die besluite terug te trek.

Die hooggeregshof se beslissing volg op ‘n oorwinning vroeër ten gunste van drie belastingbetalers van Ngwathe behaal nadat die party klagtes by die Openbare Beskermer (OB) ingedien het oor buitensporige hoë rekeninge.

"Die OB het bevind dat die rekeninge wat aan hierdie belastingbetalers gelewer is, weens die nalatigheid van die munisipaliteit veroorsaak is en dat die opgelope bedrae afgeskryf moet word.

Phillip van der Merwe, VF Plus-raadslid in die Ngwathe-plaaslike munisipaliteit sê munisipaliteite maak hulself gedurig skuldig aan die verontagsaming van bepalende reëls en wetgewing tot nadeel van die belastingbetaler en dienslewering. Die VF Plus skroom nie om munisipaliteite tot verantwoording te dwing nie.

Van der Merwe sê die oorwinnings stuur ‘n duidelike boodskap aan munisipale besture en die ANC-regering dat die VF Plus nie sal skroom om hulle te dwing om by wetlike voorskrifte te hou en verantwoordbaar teenoor inwoners te wees nie.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.