Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Swazi-koning het grond in Mpumulanga aan Voortrekkers gegee: Mswati III

Die grondgebied van die hedendaagse Mpumalanga is van niemand gesteel of afgeneem nie, maar Voortrekkers het dit bekom van die destydse Swazi-koning deur onder meer ruilhandel met vee.

Die Swazi-koning Mswati III het op 2 Augustus hierdie bevestiging gegee in ‘n gesprek tussen die koning en ‘n afvaardiging van verskillende groeperinge uit die Afrikanergemeenskap onder leiding van Werner Weber, die VF Plus se provinsiale leier in Mpumalanga. Die VF Plus se nasionale voorsitter, adv. Anton Alberts, het Weber vergesel.  

Die doel van die samesprekinge was om te praat oor grond in Suid-Afrika wat boere in historiese ooreenkomste wettiglik van die Swazi’s bekom het, om sodoende die boodskap hard en duidelik aan die ANC-regering te stuur dat dit ‘n kwaadwillige mite is dat grond in Suid-Afrika van swartes gesteel is.

Hier volg die gesamentlike verklaring wat na die gesprek uitgereik is:

‘n Groepering van Afrikanerleiers het op 2 Augustus met Koning Mswati III en sy Komitee oor die Vasstelling van Landsgrense (Commissioners on the Border Determination Special Committee) in die koninklike paleis in Lozitha in Swaziland vergader om onder meer die grondkwessie in Suid-Afrika te bespreek.

 

Die Afrikaner-afvaardiging het uit die volgende persone bestaan:

•           Mnr. Werner Weber: Leier van die afvaardiging en leier van die VF Plus in Mpumalanga;

•           Adv. Anton Alberts: Nasionale voorsitter en parlementslid van die VF Plus;

•           Mnr. Louis Meintjies: President van TLU-SA;

•           Mnr. Jan Bosman: Hoofsekretaris van die Afrikanerbond;

•           Mnr. Meyer de Jager: Lid van die Afrikanerbond se bestuur;

•           Mnr. Wilson Ngema: Mede-stigter van Insika Yesizwe of South Africa.

 

Na afloop van die samesprekings het die groepe op die volgende ooreengekom:

 

 

Die partye stem saam om voort te gaan met gesprekvoering rakende dié aangeleentheid en sal bly streef na ‘n werkbare oplossing.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.