fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Swak dienslewering in Limpopo se staatshospitale hou lewensgevaar vir pasiënte in

"Dit is kommerwekkend dat vele navrae van die VF Plus aan dr. Phopi Ramathuba, die Limpopo se LUR vir gesondheid, geïgnoreer word," sê Marcelle Maritz, VF Plus-LPW in Limpopo.

"Die VF Plus het verskeie klagte van gemeenskapslede in die provinsie ontvang oor dienslewering in staatshospitale. Na aanleiding van die klagtes het VF Plus vroeg in Desember ‘n dringende vergadering met Ramathuba versoek. Tot op hede was daar nog geen antwoord nie.

"Die LUR se onaanvaarbare gedrag is volgens die VF Plus tekenend van die swak dienslewering in die provinsie se hospitale. Van die klagte wat ontvang is, is ernstige en stel menselewens in gevaar. Die VF Plus het weer in ‘n skrywe aan die LUR ‘n dringende vergadering aangevra," sê Maritz.

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.