Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Swak besluite van Lesedi-burgemeester verlam Heidelberg

Die burgemeester van Lesedi-plaaslike munisipaliteit (Devon, Heidelberg, Nigel, Vischkuil), Lerato Maloka, se onvermoë om die munisipaliteit te bestuur het vandeesweek gelei tot miljoene rande se skade en ‘n dorp wat vir drie dae lam gelê is, " sê Mari Boshoff, VF Plus-raadslid: Lesedi-plaaslike munisipaliteit

Moloka se aankondiging verlede week om elektrisiteitsvoorsiening op te skort, het inwoners van die Ratanda-woonbuurt sedert Maandagoggend in opstand.

Die staking het tot grootskaalse skade gelei en ‘n bekende inkopiesentrum langs die R54-pad (Vaaldampad) is ook in puin gelê.

Die stakers het gister (28 Augustus) verder gegaan en op die Heidelberg-sakesentrum toegeslaan waarna buitelanders wat sake hier bedryf inderhaas moes vlug. Hul besighede is geplunder en sowat 100 Indiër-sakemanne moes dringend uit die gebied verwyder word.

Maloka het Dinsdagaand haar besluit teruggetrek en elektrisiteit is weer aangesluit na stakers haar bedanking geëis het.

Intussen is die ekonomie van Heidelberg verlam en leerders kon eers vandag weer terugkeer skool toe.

"Hierdie oefening van die ANC-raad het weereens liederlik gefaal en nou moet belastingbetalers opdok om infrastruktuur te herstel.

"Die VF Plus glo inwoners van Lesedi verdien ‘n burgemeester wat onverskrokke staan en die gebied bestuur sodat ekonomiese vooruitgang vir almal wat daar woon en werk ‘n werklikheid word," sê Boshoff

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.