Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Straf burgemeesters en amptenare wat nie vir water en dienste betaal nie

Die tyd het aangebreek dat burgemeesters en munisipale bestuurders se salarisse opgeskort word by munisipaliteite waar water en ander dienste gesny word weens die nie-betaling daarvan, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

“Ek het ‘n brief gerig aan min. Mokonyane, waarin ek haar versoek om haar departement se beoogde snyding van agterstallige munisipaliteite se water te heroorweeg aangesien dit onbillik teenoor betalers sal wees, en boonop ongrondwetlik is.

“Indien die salarisse van burgemeesters en munisipale bestuurders teruggehou word, sal hulle hul werk begin doen"

 

Dr. Groenewald sê dit is totaal onbillik teenoor inwoners wat gereeld vir hul water en dienste betaal, om gestraf te word saam met die nie-betalers en senior amptenare wat onbevoeg is om hul werk te doen.

Agterstallige waterskuld by munisipaliteite regoor Suid-Afrika beloop volgens statistiek van die departement byna R6,8 miljard en die minister van waterwese, Nomvula Mokonyane, dreig dat van die munisipaliteite se water gesny gaan word.


Volgens dr. Groenewald het dieselfde situasie hom vroeër vanjaar afgespeel met beurtkrag toe munisipaliteite se totale uitstaande skulde vir dienstegelde meer as R110 miljard beloop het terwyl die regering niks daaraan gedoen het nie.

“Die ANC moet volle verantwoordelikheid vir die situasie aanvaar aangesien dié party die kultuur van wanbetaling begin het, en die lewering van dienste verder gekelder het met die aanstelling van swak en onbevoegde amptenare.

“Indien die salarisse van burgemeesters en munisipale bestuurders teruggehou word, sal hulle hul werk begin doen en seker maak dat dienstegelde gevorder word en dat diensverskaffers betaal word,” sê dr. Groenewald.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.