Die VF Plus het Maandag sy SlaanTerugSA-veldtog teen die beplande Onteiening van Grond sonder vergoeding geloods.
Dit volg nadat 'n mosie in die parlement aanvaar is om Artikel 25 van Die Grondwet, wat eiendomsreg verseker, effektiewelik te verwyder.
Met SlaanTerugSA wil die Vryheidsfront Plus sê dat onteiening, nie net van grond nie, maar ook van enige eiendom, die fundamentele beginsels van demokrasie in Suid-Afrika ondermyn.
SlaanTerugSA is 'n Sespunt-plan teen die beplande wysiging van Die Grondwet van Suid-Afrika en behels: