Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Rioolstorting in Merafong vloei rivierlangs tot in Potchefstroom

Duisende liter rou riool wat tans vanaf die Welverdiend-rioolwerke in spruite en riviere tot by die Potchefstroomdam afvloei, dien as bewys van die Merafong-munisipaliteit se onbevoegdheid en minagting van die omgewing," sê Ben van der Berg, VF Plus-raadslid in die  Merafong-plaaslike munisipaliteit

Van den Berg sê die VF Plus in Merafong het die stadsraad herhaaldelik versoek om die gebarste hooftoevoerpyp vanaf Khutsong na die Welverdiend-rioolwerke, te herstel. Die versoek het op dowe ore geval.

Intussen het die VF Plus boere wat water uit die Wonderfonteinspruit, Boskopdam en Potchefstroomdam  pomp, gewaarsku dat die water besoedel is. Die departement van waterwese is ook in kennis gestel.

"Die VF Plus se provinsiale wetgewerslid, Amanda de Lange, gaan die rioolwerke besoek en het departementshoofde van Merafong gemoeid met die projek versoek om die inspeksie by te woon. Sy het reeds die kwessie met CoGTA (samewerkende regering en tradisionele sake) bespreek.

"Ons kan nie toesien dat rioolstortings riviere en damme besoedel en water onbruikbaar vir landboudoeleindes maak nie. Boere in die omgewing is afhanklik van water om die land se kosmandjie te vul," sê Van der Berg.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.