Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Regeringsinmenging kniehalter ekonomie

Te veel inmenging van die ANC-regering met gepaardgaande skadelike beleid laat Suid-Afrika se ekonomie geen ruimte toe om te groei nie.

Anton Alberts, VF Plus-voorsitter en parlementêre woordvoerder vir Handel en Nywerheid het Disndag tydens dié departement se begrotingsdebat in die parlement gesê die VF Plus stel die volgende voor om groei aan te wakker:

 

 

 

 

 

 

 

"Namate bestaande bilaterale handelsooreenkomste verval, sal die maatreëls van die Wet op die Beskerming van Beleggers hulle vervang. Dit is baie ontstellend dat artikel 10 van hierdie wet bepaal dat alle eiendomsaangeleenthede deur artikel 25 van die Grondwet behandel sal word. Dit is juis hierdie artikel wat gewysig sal moet word om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak.

"Dit beteken dat ondanks al die pogings van die minister en die departement tydens die opstel van die Wet op die Beskerming van Beleggers om die versekering te gee dat dit nie beleggersverhoudinge sal belemmer nie, onteiening tog direkte buitelandse belegging sal verwoes.

"Die VF Plus vra die regering om hieroor te besin en om aandag te skenk gee aan die party se voorstelle ten einde seker te maak die ekonomie groei werklik ten goede vir almal," het Alberts gesê.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.