Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Ramaphosa moet sê wat is teenkorrupsie-maatreëls

Pres. Cyril Ramaphosa het onderneem om streng op te tree om te sorg dat korrupsie, diefstal en bedrog nie sal plaasvind met die noodfondse van miljarde rande wat beskikbaar gestel gaan word vir die ramptoestand in KwaZulu-Natal nie.

Hy het dit ook gesê met die Covid-19-rampfonds en tog was die omvang van die korrupsie baie groot. Die VF Plus vra daarom dat die president duidelik uitstippel wat die maatreëls is waarna hy verwys.

Hy sê die ouditeur-generaal en nasionale tesourie sal betrek word by die aanwending van die fonds, maar dit is ook wat hy met die Covid-19-fondse gesê het.

Hierbenewens noem hy “ander rolspelers” asook staatsdepartemente. Dit is juis die probleem. Hy maak sodoende die deur wyd oop vir moontlike korrupsie.

’n Voorbeeld waar korrupsie kan plaasvind is die koepons wat beskikbaar gestel gaan word vir mense om hul huise te herbou. Daar is nie beswaar teen die beginsel nie, maar die vraag is hoe dit toegepas gaan word.

Dit kan vergelyk word met die kospakkies van Covid-19. Amptenare het dit misbruik om hulself te verryk en moes in sommige gevalle omgekoop word om kospakkies te kry.

Die vraag is daarom wie hierdie koepons gaan beheer en beskikbaar stel.

Tydens die nasionale droogte-ramptoestand wat tot in laat 2020 gegeld het, is dierevoer wat aan boere in nood versprei moes word, deur diensverskaffers en amptenare verkoop en het die wat dit moes ontvang, dit nie ontvang nie.

Dié ramptoestand het geen werklike verligting gebring vir diegene wat skade gely het weens die ramp nie.

Regulasies wat ingevolge die ramptoestand uitgevaardig word, moet in lyn wees daarmee om die slagoffers van die ramp effektief by te staan om verligting te bring.

Daar is verskeie ander maniere hoe die geld geplunder kan word en die VF Plus sal daarom wil weet presies wat behels die maatreëls wat president Ramaphosa gaan instel om dit te voorkom.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.