Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

R653 miljoen vir vinnige grondverspreiding in Gauteng

Gauteng se departement van menslike nedersettings gaan 'n bedrag van R653 miljoen inpomp in die premier, David Makhura, se vinnige grondverspreidingsprogram. Met hierdie program poog die premier om provinsiale grond en geboue beskikbaar te stel vir behuising.

Die VF Plus is van mening dat die doel van hierdie projek en die enorme bedrag geld wat daarby betrokke is, bloot is om die provinsiale regering se mislukte poging om informele nedersettings voor 2019 uit te wis en om voldoende behuising aan inwoners te verskaf, te verbloem en dat Mkhura nou alles in die stryd sal werp om Gauteng nie af te staan aan opposisiepartye nie.

Dit word gedoen ten koste van belastingbetalers.

Die VF Plus het die premier reeds in 2014 gewaarsku dat hy nie in staat sal wees om teen 2019 alle informele nedersettings uit te wis nie en dat hy ook nie in staat sal wees om die behuisingsagterstand uit te wis nie.

"Die agterstand met behuising staan reeds op 800 000. Die premier en die departement van behuising gebruik nou hierdie vinnige grondverspreidingsprogram om hierdie kopseer op te los," sê Philip van Staden, VF Plus-LPW in Gauteng.

"Die VF Plus voorspel nou reeds dat die projek nie gaan slaag nie. Dit sal gewis nie binne die oorblywende sowat elf maande voor die volgende algemene verkiesing afgehandel wees nie. Iemand gaan wel voordeel trek uit die besteding van die R653 miljoen, maar dit gaan nie die inwoners van Gauteng wees nie.

"Die regering van Gauteng en die departement van menslike nedersettings het reeds die afgelope vier jaar bewys dat hulle nie in staat is om voldoende behuising aan inwoners te verskaf nie en dat hierdie geld bloot vermors gaan word," sê Van Staden.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.