Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Publiek steeds oproerig na oproerigheid en skietvoorval by Hekpoort

Die polisie het vandag steeds probeer om ‘n oproerige skare in bedwang te bring nadat die burgemeester van Mogale City, Patrick Lepudi, Saterdag deur ‘n gekontrakteerde privaat sekuriteitsdiens “Die Rooimiere” ontset moes word en talle mense beseer is nadat die publiek oproerig geraak het tydens ‘n geïntegreerde ontwikkelingsplan- (GOP) vergadering op Hekpoort.

Lede van die Rooimiere het volgens ooggetuies van agter op twee bakkies met lewendige ammunisie na willekeur op omstanders begin skiet in die proses om uit die perseel van die vergaderplek te jaag.

Talle mense is glo gewond waaronder ‘n sleutelpersoon van ‘n plaaslike landelike beveiligingsinstansie. Meer as 28 mense is na verneem word per ambulans na hospitale geneem.

Lepudi, wat in 2017 op omstrede wyse burgemeester van die sukkelende munisipaliteit geword het, gebruik nou by implikasie ‘n privaat sekuriteitsmaatskappy wederregtelik as weermag teen die publiek wat in opstand kom teen swak dienslewering.

"Die ANC-plaaslike owerheid veroorsaak spanning in ‘n eens vreedsame gemeenskap deur onder meer behuisingsbeloftes nie na te kom.

"Die VF Plus ondersoek tans die moontlikheid om klagte van poging tot moord by die SAPD in te dien," sê Jaco Mulder, VF Plus-leier in Gauteng.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.