Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

President speel met woorde oor wit boere wat in Suid-Afrika vermoor word

President Cyril Ramaphosa het met woorde gespeel in ‘n uiters onbevredigende poging om te verduidelik waarom hy in antwoord op ‘n twiet van die Amerikaanse president, Donald Trump, gesê het wit boere word nie in Suid-Afrika vermoor nie.

“Ongeag hoe u (president Ramaphosa) gereageer het op die twiet van president Trump, is die werklikheid dat wit boere in Suid-Afrika wel wreedaardig vermoor word. Dit is onwaar om te sê wit boere word nie vermoor nie," het Dr Pieter Groenewald Disndag tydens vraetyd in die parlement aan die president gestel.

“Is die president bereid om die families en geliefdes van die wit boere wat in Suid-Afrika vermoor is vandag om verskoning te vra omdat hy die moorde ontken het en om sodoende erkenning te gee aan die mense se leed?

"In die parlement erken hy dit deur te sê hy het selfs van die slagoffers se naasbestaandes gebel"

 

“Die president het self in sy antwoord op pres. Trump se twiet na wit boere verwys en hy het hulle daarom die onderwerp van hierdie vraag gemaak”.

 In sy antwoord het president Ramaphosa gesê: “Ek het gereageer op sy (pres. Trump) twiet waarin hy gesê het wit boere en wit mense word vermoor. Ek het gesê nee… dis nie waar nie.

“Wit boere word vermoor, insluitend swart mense op plase. Dit is die realiteit. Die moorde kwel my, en dit behoort ons almal te kwel. Ek sal dit nooit kategoriseer as net wit (moorde) nie.  Ek moet totaal nie-rassig wees as ek hieroor reageer.”

Groenewald sê voor Trump en die wêreld ontken die president dit.

"In die parlement erken hy dit deur te sê hy het selfs van die slagoffers se naasbestaandes gebel. Hierdie optrede van die president is teleurstellend en is allermins bevorderlik vir nasiebou soos hy wil voorgee," het Groenewald in reaksie op President Ramaphosa se antwoord gesê.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.