Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Premier van die Oos-Kaap raak probleme aan, nou moet dit uitgevoer word

Die openingsrede van die premier van die Oos-Kaap het heelwat probleme in die provinsie geïdentifiseer.

"Nou is dit net ‘n geval van het die premier die wil en deursettingsvermoë het om die probleme suksesvol op te los," sê Theo Coetzee, VF Pkus-LPW in die Oos-Kaap.

Korrupsie is ook geïdentifiseer as een van die grootste redes waarom belastingbetalers die reg tot diens lewering ontneem is. Daar sal nou daadwerklik vasgestel moet word wie vir die korrupsie verantwoordelik is, met die nodige vervolging van die skuldiges.    .

Dit is egter teleurstellend dat apartheid na 25 jaar steeds die skuld gegee word dat daar nie voldoende ekonomiese ontwikkeling in die provinsie is nie.

Aandag gaan gegee word aan die opgradering en bou van paaie wat vervoer vanaf informele nedersettings na dorpe en stede sal verbeter.

Volgens die premier moet die proses van grondhervorming bespoedig word.

Klem is gelê op landelike ontwikkeling en landbou in die besonder met die klem op volhoubaarheid en werkverskaffing. Sestien projekte is goedgekeur om voordeel te trek uit die R336.9 miljoen wat daarvoor geallokeer is vir die finansiële jaar.

"Wat onderwys aanbetref, sal die VF Plus wil toesien dat infrastrukture herstel en beter onderhou moet word. Die gehalte van onderwys in die provinsie moet dringend aangespreek word en dissipline in skole moet ook herstel word," sê Coetzee.

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.