Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Polisie moet beweringe rondom Kaapse brande ondersoek

Bewerings dat brande in en om Kaapstad opsetlik gestig is, is baie ernstig en moet deur die polisie ondersoek word om vas te stel of daar enige waarheid in steek, sê dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se leier en hoofwoordvoerder oor polisie.

Dr. Groenewald sê die talle bewerings en ooggetuieverslae van brandstigting wat tans in die sosiale media die rondte doen, versterk die verdagte omstandighede waaronder sowat twintig brande in en om Kaapstad, die Weskus en die Kaapse Wynland feitlik gelyktydig ontstaan het.

“’n Ondersoek van hierdie aard sal omvangryk wees en die VF Plus doen daarom ook ‘n beroep op enigiemand met inligting oor moontlike brandstigting, om met die polisie in verbinding te tree.

“Die beweringe kan nie bloot van die tafel gevee word nie. Meer as ‘n duisend hektaar is verwoes, huise is in puin gelê en lewens is bedreig. Skade van miljoene rande is aangerig.

“Bewerings van politieke motiewe en dat mense met T-hemde van politieke partye betrokke was, moet daarom ook ondersoek word.

“Die uitsprake van die Wes-Kaapse hoof van rampbestuur, mnr. Colin Deiner, dat daar geen bewys is dat ‘n politieke party betrokke was by die brande nie, is daarom voortydig. Die polisie moet alle inligting tot sy beskikking ondersoek voordat ‘n sinvolle bevinding gemaak kan word.

“Die VF Plus spreek sy medelye uit met persone wat deur die brande geraak is en skade gely het,” sê dr. Groenewald.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

 

 

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.