fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Polisie jaag gemoedere teen boere onnodig op met valse stellings oor skietvoorval

Die verklaring verlede week van ‘n polisiewoordvoerder, brig. Jay Naicker, dat die polisie ‘n tagtigerjarige boer van Bergville in KwaZulu/Natal doodgeskiet het nadat hy eerste op die polisie begin skiet het, blyk verkeerd te wees deurdat die betrokke persoon volgens inligting nie ‘n boer is nie.

Naicker het gesê die bejaarde man het ‘n swart persoon in die gesig geskiet omdat die man sy eiendom betree het. Sodoende word die indruk gewek dat boere sonder meer met die uiterste geweld  optree.

"Die polisie is voorheen hieroor gewaarsku. Hierdie tragiese voorval kon voorkom gewees het"

"Ongefundeerde uitsprake soos hierdie kan gemoedere teen boere laat opvlam en hulle antagoniseer, veral gesien in die lig van die grondkwessie. Dit kan selfs bydra tot ‘n toename in plaasaanvalle en –moorde," sê dr Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

Luidens mediaberigte was die oorledene nie ‘n boer nie. Hy het bloot gewoon op ‘n klein stukkie grond wat nie eens ‘n hektaar groot is nie. Die polisie skuld die boere-gemeenskap ‘n verskoning.

Groenewald sê die polisie moet seker maak van hul feite voordat mediaverklarings uitgereik word wat negatief reflekteer op sekere gemeenskappe en wat gemoedere onnodig kan opjaag.

"Die omstandighede van hierdie voorval laat verskeie vrae ontstaan. Dit blyk uit mediaberigte dat die oorledene ‘n geskiedenis van onverantwoordelike optrede het waar hy mense in die omgewing met ‘n vuurwapen gedreig het.

"Die polisie is voorheen hieroor gewaarsku.

"Indien daar op die waarskuwings ag geslaan is en die persoon se wapen afgeneem is, kon hierdie tragiese voorval voorkom gewees het.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.