Die prys van petrol styg om middernag met 71 c per liter.
Die departement van energiesake het vroeër ook aangedui dat gebruikers van diesel tussen 73 en 78 sent per liter meer sal opdok.
Volgens die departement volg die brandstofverhoging op die swakker vertoning van die Rand teenoor die Dollar in die hersieningstydperk en hoër ru-oliepryse.
Die Automobiel-Assosiase (AA) het intussen aangedui dat verdere verhogings in die eerste kwartaal van 2018 verwag kan word en motoriste gemaan om 'n buffer te bou teen moontlike verhoogde motorkoste aanstaande jaar.
Ingevolge 'n ooreenkoms deur die bedingingsraad in die motorbedryf het die minister van energie, Mamoloko Kubayi, die jaarlikse verhoging van vulstasies se winsmarge goedgekeur om voorsiening te maak vir salarisverhogings vir pompjoggies (8%), kassiere (7%) en ander administratiewe personeel (7,5%)
Dié ooreenkoms is in November aangegaan.