fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Parlementêre debat oor vrede en stabiliteit wys hoe Suid-Afrika agteruit geboer het

In die aanhef van Suid-Afrika se Grondwet word gewys op die belangrikheid van ‘n kwaliteit-lewe vir al sy inwoners met die geleentheid vir almal om hul volle potensiaal te bereik. Om dus ‘n parlementêre debat te hou oor die behoefte aan vrede en stabiliteit wys hoe daar agteruit geboer is onder die ANC-regering," sê adv Anton Alberts, VF Plus, Voorsitter.

Hy sê die werklikheid is dat die land en sy mense al hoe verder wegdryf van vrede en stabiliteit en die nood van die bevolking word lank nie meer raakgesien nie.

"Onder die ANC is ‘n omgewing geskep waar elkeen kyk hoeveel voordeel hy of sy uit die stelsel kan put ten koste van die ander. Hierdie self-vernietigende houding wat na alle lae van die samelewing deurgesyfer het, val nie bloot uit die lug nie.

"Die vraag is waar hierdie houding van reg en egoïsme vandaan kom. Watter soort morele raamwerk bied 'n lisensie vir diefstal, korrupsie, selfverryking, moord en chaos? Dit is tans duidelik die bepalende eienskappe van die land. Dit is hoe die buitewêreld Suid-Afrika sien, selfs Afrika-buurlande.

"Hierdie slegte vrugte stam uit die immorele leierskap wat die toon en voorbeeld in die samelewing stel. Die ANC het die staatskoffers deur kader-ontplooiing en Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) begin plunder sedert die dag toe hy aan bewind gekom het.

"Swak beleidskeuses het die probleem vererger tot op die punt waar die land op die fiskale afgrond van ‘n ekonomiese inploffing staan. Die land het byna meer werklose as werkende mense terwyl die res van die ontwikkelende wêreld uitbrei.

"Dit is veroorsaak deur die ANC wat nou so intellektueel leeggetap is dat dit die hol geluide van 'n 6% -EFF-party volg. Dit ANC kan nie meer 'n samehangende en bewese beleidsposisie formuleer sonder om te kyk na wat die EFF doen nie.

"Dit is ‘n geval van ‘n blinde wat die blindes na die verskrikking van ‘n Venezuela lei waar mense hul troeteldiere eet om te oorleef.

"Ten einde die aandag af te lei van onwerkbare beleid, wend beide die ANC en EFF hulle tot rasse-polarisasie. Veral die onverantwoordelike uitsprake van die EFF teen wittes en ander minderhede het nou eindelik gelei tot aanranding in die parlement. Die vraag is hoe lank voor daardie voorbeeld oorspoel na die groter gemeenskap?

"Dit is moontlik om ‘n beter toekoms vir almal in die land te skep, maar daarvoor is die effektiewe implementering van beleid nodig wat die ekonomiese kan stimuleer.

"In hierdie stadium is dit nie moontlik nie weens die obstruktiewe en vernietigende aard van die ANC en die EFF. Die tyd het aangebreek vir die afbrekers om vervang te word met ‘n koalisie-regering wat die belange van Suid-Afrika se inwoners eerste stel. Die VF Plus sal deel wees van so ‘n regering, sê Alberts.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.