Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Onluste in Gauteng laat sitting by Gautengse wetgewer verdaag

‘n Sitting van die Gautengse wetgewer is vandag uitgestel om lede van die uitvoerende komitee die geleentheid te gee om die huidige onlussituasie in die provinsie wat veral Johannesburg en Pretoria lamlê, op grondvlak aan te spreek.

Die VF Plus sou vandag in ‘n toespraak klem gelê het op die algehele onstabiliteit in die provinsie en sou die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuku, en die Gautengse polisiekommissaris, Elias Mawela, vra om die situasie dadelik onder beheer te bring.

"Die oproer by Turffontein, Jeppestown, Malvern en ander woonbuurtes kan nie langer voortduur waar winkeleienaars se winkels gestroop word, buitebande in paaie brand en mense in die proses beseer word nie," sê Kobus Hoffman, VF Plus-LPW in die Gautengse wetgewer.

 

"Die geweld in Gauteng is ‘n bewys dat die ANC-regering reeds gefaal het en nie in staat is om die land langer te regeer nie."

 

"Die situasie het ‘n verlammende uitwerking op ondernemings wat nie kan handel dryf nie. Baie mense kan nie by hul werksplekke uitkom en produktiwiteit word erg beïnvloed," sê Hoffman.

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.