fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Onaanvaarbaar dat president, minister van polisie oor plaasmoorde swyg

Die VF Plus het sy skok uitgespreek teen die vlaag plaasmoorde die afgelope naweek.

"Die stilswye daaroor van president Cyril Ramaphosa en die minister van polisie, Bheki Cele, is teleurstellend," sê dr Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

"Dieselfde geld vir die minister van polisie wat hom ook sterk uitgespreek het teen die aanvalle en moorde in moskees, maar oor plaasmoorde word niks gesê nie"

Die drie mans wat die naweek vermoor is, is mnre. Jeffrey Zetler (62) van die plaas Mooiberge buite Stellenbosch, Kallie Schoonraad (47) van Rustenburg en Peter Dawson (64) van Hartbeespoort.

Die minister van polisie het onlangs gesê dat rooftogte by huise as deel van die trio-misdade nou ‘n prioriteit vir die polisie is.

"Die VF Plus se standpunt hieroor is dat ‘n plaasaanval, en daarom plaasmoorde, in dieselfde kategorie as ‘n huisroof in ‘n stad of dorp gesien kan word en daarom behoort dit dieselfde fokus en prioriteit van die polisie te geniet.

"Die VF Plus spreek sy medelye uit met die families van die vermoorde boere en die party sal voortgaan met sy stryd om die regering te laat besef dit is ‘n prioriteit om plaasmoorde effektief te bekamp," sê Groenewald.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.