fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Midvaal: Klagtes verwelkom

Die VF Plus verwelkom die Midvaal-munisipaliteit  se optrede deur die indien van aanklagtes van kwaadwillige saakbeskadiging by die plaaslike polisie wat spruit uit die beskadiging van eiendom gedurende onlangse protesoptrede.

Die klagtes is geformuleer in terme van die Wysigingswet op Strafregtelike Aangeleenthede, Wet 18 van 2015.

Hierdie wet teiken spesifiek die beskadiging van staatseiendom wat op 1 Junie 2016 in werking getree het.

Betogers en oortreders is al by verskeie geleenthede geïdentifiseer, maar die polisie het versuim om iemand in hegtenis te neem.

"Sodoende is die hele regsproses verydel en vandale het skotvry daarvan afgekom," sê Kobus Hoffman, VF Plus-onderleier in Gauteng.

"Staats- en private eiendom word beskadig terwyl die polisie toekyk en nie daadwerklik optree nie. Die VF Plus beskou hierdie toedrag van sake as uiters kommerwekkend

"Die VF Plus onderneem om hierdie saak noukeurig te volg en op te tree indien nodig. Die regte van wetsgehoorsame burgers en belastingbetalers moet sonder voorbehoud ingevolge die wet beskerm word," sê Hoffman.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.