fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Matlosana-verbruikers boet weer vir ANC se onbevoegdheid

‘n Wesenlike en werkbare plan is nodig om die Matlosana-plaaslike munisipaliteit van totale verval te red. 

Water-infrastruktuur het tot so ‘n mate verval dat belastingbetalers ‘n addisionele R111 miljoen weens waterverliese in die komende finansiële jaar sal moet opdok.  Water-infrastruktuur stort nou in duie weens ‘n gebrek aan instandhouding en opgradering.

"Die VF Plus waarsku reeds ‘n geruime tyd dat ‘n plan dringend opgetrek en in werking gestel moet word om die infrastruktuur in die munisipaliteit, wat Stilfontein, Klerksdorp, Orkney en Hartbeesfontein bedien, op standaard te kry," sê Michal Groenewald, VF Plus-raadslid in die Matlosana-plaaslike munisipaliteit.

Groenewald sê die ANC-regering is net eenvoudig nie daartoe in staat om behoorlike munisipale bestuur toe te pas nie en daarom bevind die munisipaliteit hom nou in ‘n uiters benarde situasie. 

"Kaderontplooiing en korrupsie het die regerende party in Matlosana nou ingehaal en soos gewoonlik moet die inwoners daarvoor boet.

"Belastingbetalers moet jaarliks reuse tariefverhogings aanvaar sodat die munsipaliteit sy skuld aan Midvaal Water, wat hierdie jaar nagenoeg R333 miljoen beloop, kan betaal. 

"Matlosana koop water by Midvaal Water teen ongeveer R5 per eenheid aan, maar verkoop dit aan vuisvoos verbruikers teen ‘n astronomiese R16 per eenheid en steeds is daar ‘n reuse uitstaande bedrag aan die watervoorsiener verskuldig.

"Verbruikers moet terug slaan teen ‘n onbevoegde munisipaliteit en die ANC by die stembus straf in Mei," sê Groenewald.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.