fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Mashaba-optrede wys DA kies kant teen Israel

Die DA het met die skorsing van Johannesburg se burgemeesterskomiteelid vir gesondheid, me. Mpho Phalatse, weens ‘pro-Israeliese uitsprake’, gewys dat hy kant kies teen Israel in dié Midde-Oosterse-grondkwessie tussen Israel en Palestina.

Luidens mediaberigte het Johannesburg se DA-burgemeester, mnr. Herman Mashaba, Mpho geskors nadat sy glo gesê het Johannesburg is ‘n ‘vriend van Israel’. Die EFF het Mpho se skorsing verwelkom en dring daarop aan dat sy sonder meer afgedank moet word.

"Die DA sluit hom hiermee by die ANC-regering aan wat ook reeds openlik kant gekies het in dié konflik deur sy ambassadeur aan Israel verlede maand te onttrek," sê Dr Pieter Groenewald, leier van die Vryheidsfront Plus (VF Plus).

'Waar Suid-Afrika moontlik nog ‘n versoenende rol kon speel om ‘n oplossing te help vind vir die Israel/Palestynse-kwessie, het hy dit met hierdie optrede totaal vernietig en die DA het nou in dieselfde slaggat beland," sê Groenewald.

"Die VF Plus, wat ‘n koalisievennoot van die DA in Johannesburg is, stem nie saam met Mashaba se optrede nie.

"Die VF Plus se siening oor die kwessie is dat dit uiters kompleks is, en dat daar nie kant gekies kan word in enige poging om versoening en vrede te bewerkstellig nie.

"Israel is ‘n soewereine staat met bestaansreg en dit moet eerbiedig word soos met enige ander land in die wêreld. Belangegroepe wat eerlik is in ‘n soeke na ‘n oplossing, moet na albei groepe uitreik en nie sy rug op een draai nie.

"Die optrede van die DA kan die indruk by Israel skep dat sy vriende al hoe minder word in Suid-Afrika," sê Groenewald.

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.